
hartlik welkom!

(Jo)Landé
Ek is 'n iets-van-als-doener.
En ek lief dit só.
Ek is Mamma, ek skryf, praat, verf, maak mooi en winkel so tussendeur die wasgoed, skoolgoed en kosmaak.
Ek geníét ons mooiste taal met sy uitsonderlik unieke woorde;
ek raak ordentlik opgewonde oor 'n naam en sy betekenis(se);
ek is mál oor 'n 'musical'
en het 'n diép sagplek vir 'n koortjie;
ek praat my hakkel héél mis;
ek skuif ons meubels kort-kort rond,
verf die mure (wéér) oor,
want ek waardeer verandering en kleur;
ek pak kaste reg,
want dis vir my lekker;
ek lees nie instruksie blaadjies nie;
hoogtes maak my palms klam;
ek soek nog stééds 'n pakkie Kreols;
jy kan my in 'n wip vang met vars koriander, kerrie, knoffel en 'n litchi;
met varsgebakte brood en regte botter my swakplek
en geduld nog dikwels my haakplek;
kinderHARTige opregtheid se eenvoud is vir my mooi
en my hartsbegeerte is om eendag te mag hoor -
'Well done good and faithful servant!'
Welkom op die Makskaap-blad.
DIE REDE
BeaSabet

Jý Kies!
Ons oudste dogter BeaSabet, binnekort 15, is gediagnoseer met Globale Ontwikkelings-Agterstand. Hier in die platteland, ken ons die uitdagings met en beperkings op die geleenthede beskikbaar vir die kinders soos sy góéd.
Makskaap-produkte diens tans die doel as blootstelling- en bewusmakings-'materiaal', in-ons-huis-'opleiding' en bou aan 'n klein onderneming vir haar soos sy grootword en dalk moontlik ook 'n spasie in die toekoms waar die 'anners'-kinders van ons area, sáám kan leer en vaardig word in hul eie unieke belangstellings en talente, om ook hulle híérwees ten volle te kan lééf!
So baie hartlik welkom by ons blad!
Loer gerus deur en laat ons weet hoe en waarmee ons jou kan help!
Die DinG Met Die Skaap

MAKSKAAP
ontsag vir God + kinnerhartige gehoorsaamheid = PURPOSE
MAAR DIE PERSOON WAT DOEN WAT GOD VRA SE PAD LOOP SAAM MET GOD DIE EWIGHEID IN.
1 Johannes 2:17
VOORWAAR, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim, hy is 'n dief en 'n rower. Maar hy wat by die deur ingaan, is 'n herder van die skape. Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem;
en HY ROEP SY EIE SKAPE BY HULLE NAAM EN LEI HULLE UIT. EN WANNEER HY SY EIE SKAPE UIT GEBRING HET, LOOP HY VOOR HULLE UIT; EN DIE SKAPE VOLG HOM, OMDAT HULLE SY STEM KEN.
Hulle sal 'n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie. Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie. Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
EK IS DIE GOEIE HERDER.
Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. Maar die huurling en hy wat nie 'n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar. En die huurling vlug, omdat hy 'n huurling is en niks vir die skape omgee nie.
EK IS DIE GOEIE HERDER, EN EK KEN MY EIE EN WORD DEUR MY EIE GEKEN.
Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape. Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder. Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang.
Johannes 10:1-18
Ek bid nie dat dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die bose bewaar.
HULLE IS NIE VAN DIE WÊRELD NIE, NET SOOS EK NIE VAN DIE WÊRELD IS NIE.
Heilig hulle in U waarheid; U Woord is die waarheid.
Soos U My gestuur het in die wêreld, het Ek hulle ook in die wêreld gestuur.
En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.
Johannes 17:15-19
Daar's 'n oes om te ín.
Ons het werk om te doen.
PRODUKTE
Ammal Het 'N Anners











Ons geniet ons gate uit met die voorreg van deel wees van hierdie storie.
Ons stuur graag jou boek vir jou!
Kontak ons gerus by 076 7686 078 of per epos na hello.makskaap@gmail.com om jou boek te bestel.
Langnek













Ooo dis lekkerte!
Ek knyp my nog oor die régtigeit daarvan dat ek dit wéér kon doen!
Dit blý mý énorme gróót voorreg!
Bestel jou boek oor kinnerhartigeit vandag nog via whatsapp @ 076 7686 078 of per epos @ hello.makskaap@gmail.com
Ammal Het 'N Anners OUDIO

















Vir ons mede(kind)mens wat nógnie kan sien of lees nie.
Ons het die ongelooflike voorreg gehad om die enig-in-sy-soort - die uwe STEPHANUS DU TOIT - te kon hê as leser van ons eerste Makskaap Storie.
Stephanus lees dit so presies ongelooflik fantasties soos hý self is - onopgesmuk, opreg en rustig met sy properste-radio-stem!
Duisend dankies Stephanus! Ons raak nie moeg om dit oor en oor te luister nie!
Ook 'n gróót dankie aan Reece & Michael van Levelhead vir jul puik werk aan hierdie opname en jul uber vriendelike en behulpsame diens!
Ons is diép dankbaar!
Die KEPPE

















Beproef deur kranige kep-draers onssélf, is hierdie keppe 'n gunsteling.
Beskikbaar in die COOLste ontwerpe en kleur-kombinasies.
* Ons Oilskins -
Tan l Sjokolade
* Ons Miami -
Mosterd
* Ons Deltas -
Beige
Toffie
Swart
* Ons Truckers -
Swart
Khaki
°ongestruktureerde 6 paneel snit
°lae profiel met gekurfde piek
°klamp gespe verstelling
°3d borduring
Jy wíl een hê... ons wéét!
Die SOKKE



































Ons eie cool sokkies!
Opsies -
1. Jy's Awesome
2. BONT Deurmekaar-sokke
*Geel - Fiksskaap
*Pienk - Vakansieskaap
3. SWART Deurmekaar-sokke
*Haas
*Hond
*Kat
4. WIT Deurmekaar-sokke
* Skape & Springmielies
* Die Gebrildes - Jy kies hoe jy kyk!
Groottes -
#4-7
#8-12
Hierdie élke-dag-sokkie, met versterkte haak en toon area, bied ekstra gemak en beskerming vir hierdie hoë wrywing areas teen blase, terwyl die sybokhaar mengsel materiaal temperatuur en vog beheer om jou voete koel en droog te hou deur die dag.
Hierdie uber awesome sokkies met die cool Makskaap moetief is ook geskik vir ligte sport aktiwiteite soos fietsry, stap en draf.
Johannes 17
Híér, maar nie ván hier - op 'n 'missie' in en vir Hom en Koninkryk.
Laat ons voete bereid wees om te en ons harte in Waarheid gaan waar Hy ons ookal stuur!
Maar nou kom Ek na U toe;
en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê.
Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. Heilig hulle in u waarheid;
u woord is die waarheid.
Soos U my gestuur het in die wêreld,
het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.
Johannes 17:13, 16-18
Maak séker jy het ten minste 1 paar van die lieflike sokkies in jou kas.
Die KAPPIE-TOPPE





Hierdie 100% katoen hoodie is immer gewild by oud en jonk.
Ons Makskaap-logo haak aan by een van Betta se COOLste woorde - NOTTIE! (Aka nognie).
Beskikbaar in liggrys.
Unisex groottes XS - 4XL
Ons onthou dat hulle 'anners' ons nodig.
En ons 'anners' vir húlle.
#GlobaleOntwikkelingsAgterstand
#DieAnnersKinners
Die TOPPE





Hierdie 100% katoen top met flex-viniel met ons die COOL Skape Bendelid moetief is my persoonlike gunsteling.
Beskikbaar in swart.
Unisex groottes: XS - 4XL
Ons onthou dat hulle 'anners' ons nodig.
En ons 'anners' vir húlle.
#GlobaleOntwikkelingsAgterstand
#DieAnnersKinners
Die T-HEMPE





















Ons awesome 100% katoen t-hemde is beslís 'n elkedag stapel-item.
Ons Makskaap-embleme haak aan by van Betta se COOLste woorde, so saam met waar beloftes uit Sy Woord!
MANS T-HEMDE @ R350
Beskikbaar in -
wit, grys, swart, groen & oat
(elk met hul afsonderlike ontwerpe)
Groottes:
XS - 4XL
DAMES T-HEMDE @ R325
Beskikbaar in -
wit
Groottes:
XS - 4XL
Ons onthou dat hulle 'anners' ons nodig.
En ons 'annerse' vir húlle.
#GlobaleOntwikkelingsAgterstand
#DieAnnersKinners
Die NOTABANDJIES









Hierdie élke-dag-sokkie, met Opgewonde oor ons eie Artofit Notabandjies is ons beslís!
22mm breed
16 | 18 | 22 | 25cm lengtes
Ons dra Die Waarheid met ons saam sodat ons dit kan onthou wanneer ons dit nodig het!
Meester hét jou!
Die BETTA-WOORDE



























Met Betta in ons midde het ons géén tekort aan dié mees interessante benamings-nuutskeppinge vir die gewone dinge om ons!
Sy dring aan sy is uitsluitlik Attekaans!
(en die Mamma lieeef dit dat sy doen! :))
[Ek reken ons taal se Woordeboek moet eintlik spesiale plek maak vir melding.l maak van hulle s'n]
Luister fyn rondom die Anners-kinners se praat, die wêreld is wonderlik deur hulle oë (en kleurvol deur hul mond!)
#1 Van my HÉÉL gunsteling Betta-woord -
PIETIEPADDA aka Peanutbutter
😎
[Ék reken dit hoort op 'n t-hemp!]
'BeaSabet is met Globale-Ontwikkelings-Agterstand gediagnoseer,
maar is dit werklik ál wat hierdie sonskynkind makeer.
Haar behoeftes is nes joune en myne,
liefde en aanvaarding en as jy siek is... medisyne.
My hart met hierdie skrywe is dit -
God het ons ALMAL saam in hierdie wêreld gesit.
Wat sterk is by jou, is swakker by my,
en is dit juis dít waarmee ons MEKAAR oor die lewe se hobbels kry.
As ons leer om mekaar se 'anders-wees' beter te verstaan,
sal dit met ons mensdom héélwat beter gaan.
Anders is net vreemd, tót jy iets meer daarvan weet,
en mag jy dalk net 'n mensie (en iets in jou hart) leer ken,
wat jy verseker nooit sal vergeet!
Mag ons saam met BETTA ANNERS van Braafvlei ontdek,
dat iemand met baie 'anners', eintlik maar net so is soos jy en ek....'
- Die AMMAL HET 'N ANNERS storieboek-agterblad.
Ons oudste dogter BeaSabet is nou pas 15.
Hier in die platteland, ken ons die uitdagings met en beperkings op die geleenthede beskikbaar vir die kinders soos sy góéd.
Makskaap-produkte diens tans die doel as blootstelling- en bewusmakings-'materiaal', in-ons-huis-'opleiding' en bou aan 'n klein onderneming vir haar soos sy grootword en wie weet dalk ook 'n spasie eendag waar die 'anners'-kinders van ons area, sáám kan leer en vaardig word in hul eie unieke belangstellings en talente, om ook hulle híérwees ten volle te kan lééf!
#2 Betta-woord
Betta, het jy al jou bed opgemaak?... "NOTTIE Mamma!"
Nottie aka Nognie 😎
Sy is vreeslik lief vir mense en skroom glad nie om 'n gesels aan te knoop met vreemdeling of vriend nie.
Ek het geleer om nie in te meng om die annerse woorde te gaan verduidelik, wanneer ek die geselskap se gesigte sien frons in die probeer uitmaak waaroor sy praat, want so op 'n manier kry sy dit self reg as jy lank genoeg luister.
MAAR - as dit die keer blý knor om enige verstaan te kry, dan kom haal sy my by die hand en loop met my tot daar en dan sê sy -
'Mamma, praat jóú mond' 😆 ... en dán speel ek tolk! 🤓
Stop gerus by hulle en maak moeite om te luister, hulle harte vertel mooi stories.
#3 Betta-woord
Dié meisie hou van rooi Appetigers!
[rooi Grapetizer]
Sy bestel dit sélf. Net so.
'En my mamma 'kakkaccino' sluk' - (cappuccino drink).
Ek wys net met die vinger op die 'drinks menu' wanneer die kelner vir my frons 😎
Ons geniét haar!
Die spesiale-behoefte-kinners kleur ons wêreld béter in met hul harte se skoongeid.
Knoop gerus 'n geselsie met hulle aan, jy gaan hulle óók geniet.
Belowe.
#4 Betta-woord
Ons woon in die eerste linie teen die voet van die berg.
Ons 'berg-bure' maak ordentlik moelikheid en skade wanneer hulle die dag in die erf opdaag en het ons nadese 'n aansienlik minder gawe 'verhouding' met dié skepsels.
(Dis eintlik meer soos oorlog. 🫢)
Dit weerklink gereeld in ons huis, tussendeur die honde se histeriese geblaf om dié wesens se aankoms aan te kondig (en voordat ek my stem gaan dikmaak buite) -
"MAMMAaaaaah! BOLLEJAN HUUR (hier)!
Ons streef na beterskap in ons buurmanskap met die Bollejanne. 🫣
#5 Betta-woord
Daar is werklik nie 'n dier - gogga, reptiel, kruip-, soog-, see-, lug-, dam-, rivier-, kamp-, vlei-, veld-, vlakte-, bos-, berg-, woud-, sneeu-, woestyn-, sirkus-, wild-, mank-, heel-, mak-, hok- of huisdier wat sy nie aan wil vat, vryf, vashou, optel én huistoe bring nie.
Maar, sommiges het 'n ekstra 'plekkie' - onder andere 'KOELALLAS' = koalas en LUIDIERE (sloths).
Hulle fassineer haar vreeslik.
So as sy praat van een, kom dit hélemal in karakter staaaadig uit - 'Mamma kyke slooooooow'! - outomaties gepaardgaande met so 'n stadige loop-aksie ('n mengsel tussen die 'moon-walk' en 'n iets bekruip).
Nodeloos om te sê, dié 'sloooooow' reis-kussing was heelbo op haar verjaarsdag wenslys vanjaar.
Ouma het hom in 'n pakkie van PNA af besorg.
Dit word klokslag saans met badtyd opgesit as deel van haar slaap-uitrusting en dan staan sy môreoggend vir jou nétso met hom op.
😁
Betta ons geníét jou énte meer as wat jy daai 'Sleepy Sloth' kussing ooit kan!
Ons kan leer by die Anners-kinners om sóveel suiwer VREUGDE in die kleinste van die eenvoudigste dinge te kan ráákleef.
#6 BETTA-woord
Die herbenoeming|nuutskepping van die alombekende 'boompies' na KOBBELIE, het ongelukkig nie énige nuutgevonde gretigheid vir die eet daarvan teweeg gebring.
Die gestoei met die groengoed in haar bord duur dus voort, net onder die nuwe titel.
#DieAnnersKinners #GlobaleOntwikkelingsAgterstand #PraatJouMondBetta
#PraatJouMondBetta
Die GESKENKBEWYS

Wanneer jy kopkrap oor watter een van ons awesome Makskaap-produkte jy vir iemand wil gee, dan maak ons dit vir jou maklik & mooi met ons beaulas geskenkbewyse.
Ons kan dit vir jou elektronies stuur of so in sy koevert gereed kry!
Want gee is lekkerrr!
Die NAAMBORD

Pryse op aanvraag
Ek is diép lief vir 'n naam en sy betekenis(se).
Ek soek op en gaan vind uit joune beteken, doen die uitleg en sit dit op 'n canvas (tipe en grootte) van jou keuse met 'n olieverfpen.
[A3 is my gunsteling grootte om mee te werk]
Ek help jou gráág!
MAAR nou, so sê die Here, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel:
Wees nie bevrees nie,
want Ek het jou verlos;
EK HET JOU BY JOU NAAM GEROEP;
JY IS MYNE!
Jesaja 43:1
AFLAAI

Ons maak gebruik van The Courier Guy deur-tot-deur ENIGE plek in ons land binne 5 werksdae!
Veilig en maklik en met liefde!
of
on sit dit vir jou in 'n PUDO boks indien jou dorp stasies het!
You're welcome :)
Die WINKELS
Die WINKELS







#DieSkaapGaanWinkelsToe
Ons het die voorreg om rakspasie in van die mooiste winkels te mag volmaak.
In die Noord-Kaap staan ons trots op AITSA in Upington se rakke.
In die Swartland is ons uitgepak in die gewilde PIQUET COLLECTIVE winkel in Piketberg.
In die Boland het ons 'n spasie by die mooie MINKIES in Suider-Paarl.
Kontak ons gerus indien jou winkel óók van ons produkte op jul rakke wil hê - ons gesels gráág oor die moontlikheid.
Andersins - gaan loer gerus in by hierdie lieflike winkels.
ps... Hulle personeel en diens is net so awesome soos hulle produkte!
KRAAL-DINGE
HOEFNOTAS

We can do it!
Ons bly leer, bly groei, bly onsself uitdaag om iemand beter te wees as die 'ék' van die dag tevore, sodat die wereld 'n beter-mooier plek mag wees!
Ons moedig mekaar aan met HOEFNOTAS op Instagram -
https://instagram.com/makskaap.diecrew/
Maar as jy dit via whatsapp wil ontvang, sit ons jou graag op die Makskaap Broadcast-groep,
jy laat ons weet @ 076 7686 078
Meester het ons!
Voorlees & Geselse

Hierdie is my voorreg-lekkerte om die hart agter AMMAL HET 'N ANNERS & LANGNEK te deel met oud en jonk.
Ek pak my boeke, banners en borde maklik in my Fiat 500 of klim daarmee op 'n vliegtuig na jou skool of geleentheid.
Ons maak spoedig 'n datum op jou kalender vas!
Ek sien uit!
Kontak Ons!

Ons sien uit daarna om van jou te hoor!
Loer gerus in op ons media-blad -
https://instagram.com/makskaap.diecrew/
https://instagram.com/makskaap.diemerch/
https://instagram.com/dieskillery/
Skryf vir ons by hello.makskaap@gmail.com
of gee ons 'n luitjie op 076 7686 078
Ons gesels gou!
Tot dan... onthou Meester het jou!
Lande x
Die SKILLERY



















































































































































Pryse op aanvraag
Die Skillery
Ek het end 2023 'n olieverf-kwas opgetel om 'n skillery te probeer.
Dit was só lekker, toe probeer ek wéér.
Ek geníét dié geSKILLERy terdeë!
Ons huis het nét sóveel hangplek en dié stokperdjie is effe duur, so nou bied ek my geskillery aan om teen 'n gelletjie te kom hang teen jóú muur!
Kontak my gerus indien jy na van die skiller-stukke wil tuur.
Beskikbaar -
1. Staan.de (wolk)
1,8 x 1,2m geblokte canvas - olie
2. Angus (bul)
700 x 950mm geblokte canvas - olie
3. Aansteeklik (vuurhoutjies)
700 x 950mm geblokte canvas - olie
4. Annerkant die storm (boot)
1 x 1,5m geblokte canvas - olie
5. Donkie
A2 katoen canvas vel - olie
7. Want Jorra hou daarvan (M&M's) A3 geraamde canvas vel - olie
8. Johannes 10 op die maat van Psalm 23 (Die Herder en skape)
A2 canvas vel - olie
9. SHHH!¿?¡ (dogtertjie in biblioteek) A3 geraamde canvas vel - olie
10. Soete rus (KitKat)
A3 geraamde canvas vel - olie
11. In 'n blik gedruk (sardientjies in blik)
A2 canvas vel - olie
12. Sardientjie-toast saam met my pa op die stoep (sardientjies op kartel-bord)
A2 canvas vel - olie
13. Afrikaanse sardientjies (Weskus sardientjies in blik)
A2 canvas vel - olie
14. Gogga-pot (blompot met voël)
A2 canvas vel - olie
15. Knoppies-pot (pot met blomme)
A2 canvas vel - olie
16. Bolle-pot (pot met geel bolle)
A2 canvas vel - olie
Die res het rééds huis óf hang iewers teen ons huis se mure!





![RegSKAAPenheid se stap |
The righteous man who walks in integrity and lives life in accord with his [godly] beliefs—
How blessed [happy and spiritually secure] are his children after him [who have his example to follow].
Proverbs 20:7 AMP
Mag regskapenheid my & jou handel en ons wandel merk.
Mooiwandel vandag.
Ons wandel AGTERNA.
WAARHEEN God gaan en HOE Sy Woord wys aan.
#regSKAAPenheid](https://scontent-iad3-1.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/621179704_18018049388800393_8623614183489894704_n.webp?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=108&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiRkVFRC5iZXN0X2ltYWdlX3VybGdlbi5DMyJ9&_nc_ohc=82FFTbhG02oQ7kNvwFV-M8K&_nc_oc=AdkwzpPZvQF2ZDa2SORsjxkbeLbng72W9wzFLi4oA6_FC2MNPf__kOt1O-mbwK0emw8&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-1.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_Afo1PBY4fS7GVlObGE44PuO8cQ-B2grruNl6JSuIyjaRNQ&oe=697E25AE)


![Spreuke 19:18 beaam -
Voed jou seun (dogter) streng op,
*dan is daar 'n toekoms.
[Moenie jou te buite gaan en hom skade aandoen nie.]
* Bybel-teksnota lees:
Kan ook vertaal word - As jy dit nie doen nie, verwoes jy sy lewe.
Mooiloop.](https://scontent-iad3-2.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/619519166_18017828963800393_3651177278002297156_n.webp?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=105&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiRkVFRC5iZXN0X2ltYWdlX3VybGdlbi5DMyJ9&_nc_ohc=qxQVIhTmylcQ7kNvwHm5ZQl&_nc_oc=AdmNh1OLsf4DGkuvMT2qQ9Q5s5NWhoaYxDk0BA3vOKIFtdYesP8J-VWs-kkula3F6No&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-2.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_AfrbH1IeuFqfvCnWAnau_W2ZTuMNELgOi8bA66j9QPRdrA&oe=697DF748)
![DEATH AND LIFE ARE IN THE POWER OF THE TONGUE, AND THOSE WHO LOVE IT AND INDULGE IT WILL EAT ITS FRUIT AND BEAR THE CONSEQUENCES OF THEIR WORDS.
[Dít verseker Ek julle, julle sal op die oordeelsdag rekenskap moet gee van elke onverskillige woord wat julle sê. Op grond van wat jy nou sê, sal jy eendag vrygespreek of veroordeel word.”
Mat 12:36-37]
- PROVERBS 18:21 AMP
Mooiloop met jou hart vandag.
Want waarvan dit vol is, loop my en jou mond mos van oor.](https://scontent-iad3-1.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/619510596_18017735927800393_7887436423297000412_n.webp?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=109&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiRkVFRC5iZXN0X2ltYWdlX3VybGdlbi5DMyJ9&_nc_ohc=WvcytZoJoasQ7kNvwFne_K2&_nc_oc=AdlfdbkhrZMfqhkfWSz5klIANBgoFvHliEgoC53J4es3oZ02QXCV328JNqEBwRRDHcI&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-1.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_Afotqrv0OSmZjU_sbyqokhqSFZb1usp2UCygpxd4-3kV3w&oe=697DFD54)



![Gerty en die res van die eierlêers-geselskap is vroeg vanoggend plaastoe.
Meer spasie vir die geveerde susters daar en ons bergbure [bobbejaan aka bollejan] kom maak té gereeld skade-moles, deels agter hul eiers aan.
(Stukkende groenhuis-pale & -nette en hoenderhok-ogiesdraad en -net pál oopgeskeur. Sóós die grenadella-heining, trampolien-mat, swembad-pyp en dies meer.) 😶
Het ek al genoem ons buurmanskap is onversoenbaar versuur?... 🤨
Só, toe word hoenderhok = VILLA JAN.
Ons komposhoop het taamlik lyf gekry en is ek séker as ek, na al die miswater waarin ek gestaan het, bietjie tamatie-saad in my tuintekkies gooi, staan daar oormôre welige ranke reg vir die oes.
JAN, jy sal jou wat verbeel in dié hok saam met die 5 liefdes-voëltjies.
[So tussendeur die skrop en skoonmaak - is ek en Betta weer bewus van hoé aanhoudend die skoonmakery blý met die na ons diere omsien, omdat ons vir hulle omgee.
So sonder óóit ophou, óór en oor, wéér en weer, blý God ons Getrou versorg en 'skoonmaak' en na ons kyk, élke dag.
Sodat ek en jy met Genade, skoon en vars soos die kaf in die hok vandag, môre weer mag opstaan.
Omdat Hy ons Liefhet.
Hoé Genadig is Hy.]
LekkerSlaap, ons kan gesels oor tariewe.
Ek wil nog net weer die skadunet met die krammetjies-geweer repereer.
#JAN #flemishreushaas #Betta](https://scontent-iad3-2.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/619413011_18017564486800393_5636398014126609436_n.webp?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=105&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiQ0FST1VTRUxfSVRFTS5iZXN0X2ltYWdlX3VybGdlbi5DMyJ9&_nc_ohc=RhGisqMt-HYQ7kNvwH_e-P5&_nc_oc=AdnuTCgP2I1eSVQsSvA7IQL7N3AAwOG2N8JPwfLP_KOUir76oyIb6uYlbYR-04oX3dc&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-2.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_AfrXkqWqN7V_Ivofcv3mAvChxKSpx2rVH7_lFbrm0TVbAg&oe=697E0BE6)

![..., continue to work out your salvation [that is, cultivate it, bring it to full effect, actively pursue spiritual maturity] with awe-inspired fear and trembling.
For it is [not your strength, but it is] God who is effectively at work in you, both to will and to work [that is, strengthening, energizing, and creating in you the longing and the ability to fulfill your purpose] for His good pleasure.
Do everything without murmuring or questioning [the providence of God],
Philippians 2:12-14 AMP
Soos Handelinge lees in hoofstuk 17 by die 28ste vers -
DIS TOG JUIS DEUR HÓM DAT ONS LEEF, BEWEEG en BESTAAN. ...
Mooiloop vandag in, deur en met Hóm.](https://scontent-iad3-1.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/619667947_18017532737800393_4452223593401846915_n.webp?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=102&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiQ0FST1VTRUxfSVRFTS5iZXN0X2ltYWdlX3VybGdlbi5DMyJ9&_nc_ohc=MBOigpaqqNUQ7kNvwF5GxSh&_nc_oc=AdkHlVBmH-PsVt5NtwCOKpYNNywXXYtXLUVyFihdHvYXVngXcjecMT_Q5MU4eZiamfQ&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-1.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_AfqqQuL9iCuGTILvGJ-Aj9xmrr3oAaL0HDa5Brs3k5Drbg&oe=697E13C2)

![Die lankmoedige is beter as 'n held;
en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.
Spreuke 16:32 AFR53
'n Geduldige mens het meer waarde as 'n bedrewe vegter,
'n mens met selfbeheersing meer as iemand wat 'n stad inneem.
Spreuke 16:32 AFR83
Dis beter om geduldig te wees as dapper. Selfbeheersing is beter as om ’n stad in te neem.
Spreuke 16:32 NLV
He who is slow to anger is better and more honorable than the mighty [soldier],
And he who rules and controls his own spirit, than he who captures a city.
Proverbs 16:32 AMP](https://scontent-iad3-1.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/618559191_18017320895800393_7105963070067814624_n.webp?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=109&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiRkVFRC5iZXN0X2ltYWdlX3VybGdlbi5DMyJ9&_nc_ohc=XyA9s-cuvoQQ7kNvwFqrsl-&_nc_oc=AdlMEaBXiKflF-W6cApHrj8OyuSPtFJGqJmbYU8LCo-p3jaUJEsuAMGW9k0Xa3QMfoI&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-1.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_AfqSJbVfvFJauYlYB7dMARV92ptUUqphB3dEvFboBHSTvw&oe=697DFB4B)

![As daar op 'n Vrydagnamiddag in die Platteland skielik sin gekry raak vir 'n nuwe kapsel,
dan sit ons salon op met die plat kam onder in die spieëlkas se laai, die skerpste papierskêr in die huis en 'n badhanddoek oor die skouers.
[jip, ....🙄 vir die skêr maak ek nederig verskoning by die rêrige haarkappers 🫣]
Maar die girlie lyk beaaaulas.
Ons doen dit wéér Blom!
#Blom](https://scontent-iad3-1.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/618045310_18017182076800393_1392915534104333929_n.webp?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=104&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiRkVFRC5iZXN0X2ltYWdlX3VybGdlbi5DMyJ9&_nc_ohc=ZlsMDqjmcMgQ7kNvwG8xZl1&_nc_oc=AdlBAeNv7jcN3EdQ1UMxBwBCHjvdZZWf_ixyiH5L0fWqq4oTM6JG8HNJkOTP20vmOGc&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-1.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_Afq86aVvtn7oiS0er9Zog6PH7PnNhRrNZlF7KBrk4YGdTA&oe=697DFEF5)


![vreugde [BETTA + JAN]
Afbreking: vreug•de [J•A•N]
Uitspraak: /ˈfrɨə̯χdə/ ['ǰ̣ăṅ]
Selfstandige naamwoord: vreugde [jan]
Meervoud: vreugdes [JAN•NE]
Betekenis:
• 'n Gevoel van groot blydskap; geluk; plesier.
Gebruik:
• JAN BRING VIR BETTA ONEINDIGE GROOT vreugde.
Spreekwoord:
• Hoe meer DIERE, hoe meer vreugde.
[Hoe meer DIERE bymekaar, hoe meer pret.]
Sinoniem:
• JAN
• blydskap
Antoniem:
• smart
• verdriet
• SONDER JAN
Wisselvorm:
• vreug (digterlik)
• JAN-HAAS
Vertaling:
Engels: joy, happiness, gladness, JAN
Nederlands: vreugde. JAHN
Venda: dakalo, JAN-o
Xhosa: uvuyo, JAN-o
Zoeloe: injabulo, umesaso, JAN-o
#SupertaalWoordeboek+BETTA](https://scontent-iad3-1.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/615561249_18017026115800393_8995548187861743321_n.webp?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=101&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiQ0FST1VTRUxfSVRFTS5iZXN0X2ltYWdlX3VybGdlbi5DMyJ9&_nc_ohc=0Z2QTJ0lwJgQ7kNvwE6BlGQ&_nc_oc=AdmCsEb4sf2Ig40OynoABxqnYHe20vIV0xVma07UgacIAd7-63HOlXZ4eyZ8AwYx0AY&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-1.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_Afr7T1M0YtnwCuY-nvP76IDAT_8QM-N8ozHuE3gua6UmHQ&oe=697E0D41)






![But first and most importantly seek (aim at, strive after) His kingdom and His righteousness [His way of doing and being right—the attitude and character of God],
and all these things will be given to you also.
Matthew 6:33
23jr terug was hiérdie skrif die een wat jy kort-kort aangehaal en gebid het toe ek jou leer ken het,
vandag is dit stééds.
Ek is opgewonde oor 'al die ander dinge' wat God in hierdie lewensjaar vir jou gaan toevoeg Jorra.
Saam met jou dankbaar vir enorme groot genade!
Dankie vir só baie.
Ek en die Blomme het vir jou lief.
HêPpiE biRfdEi!
♡](https://scontent-iad3-2.cdninstagram.com/v/t51.71878-15/613227512_939460968652701_1893024613061151001_n.jpg?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=111&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiQ0xJUFMuYmVzdF9pbWFnZV91cmxnZW4uQzMifQ%3D%3D&_nc_ohc=Ts3LF_-WpOcQ7kNvwG_5qpY&_nc_oc=AdlY92XKSImbsjhwjSHuLNcPMnQtxaKaxsQLTjc008MdLJrfpdweH_CA7RzUkzOZzS8&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-2.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_Afr6r3ukyMz7VhVftOGWB4LlTaw5OF7C7i_DzV-j4Yunbg&oe=697E16A2)

![Ek hoor ons kleintyd in die kinnerkerk sing -
'Kê-e-n Hom in al jou weë,
kê-e-n Hom in al jou weë.
Dan - sal Hy - jou paaie gely-y-k maak,
gely-y-k maak,
gely-y-k maak.
Ken Hom in al jou wee-ë.'
Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.
Johannes 10:14
Ken én geken wees.
Mag dit vandag vir my & jou só wees.
Die brits lees -
Trust in and rely confidently on the Lord with all your heart
And do not rely on your own insight or understanding.
In all your ways know and acknowledge and recognize Him,
And He will make your paths straight and smooth [removing obstacles that block your way].
Do not be wise in your own eyes;
Fear the Lord [with reverent awe and obedience] and turn [entirely] away from evil.
Proverbs 3:5-7
Mooiloop vandag.](https://scontent-iad3-1.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/615561249_18016708772800393_6104259880487673264_n.webp?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=108&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiRkVFRC5iZXN0X2ltYWdlX3VybGdlbi5DMyJ9&_nc_ohc=ywD-DSFjdzsQ7kNvwGCvvba&_nc_oc=Adlvep8RD8gQXG3IvgcST2qUaenJGECXjc7D049LZx1VUMlmAJfNhR0tq6AGQ-1AfgE&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-1.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_AfrfGVWejOtIOvST5Y61KU92rzrvZm52pq4lTGFJi5NETg&oe=697E0A7F)
![¤ NIE BESKIKBAAR ¤
ELFRED
700 x 950 x 45mm katoen geblokte canvas
medium: Olie
Elfred, vir my was hy Outa Ellie.
Deel van baie van my eerste onthou -
van hanslammers melk gee en 'tuinmaak' tot later my Marmite en kaas broodjies gaan ruil by hom in die pakkamer met die beesmisvloer (waar die tuinmaakgoed gebêre was), tussen ons huis en tannie Beaulah en oom De Wet s'n op die plaas.
Sy swart hande het die dik snye aartappelsuurdeegbrood met die varkvet op, in sy beker soet swart moerkoffie gedruk en vir my aangegee. Dit het gekom met 'n groot homp omgee en goedgeid daarby.
Hy het glad nie so 'n baard óf wit hare gehad, maar iets in dié man se gesig, het my gedagtes dadelik by gawe Outa Ellie laat draai, soveel jare terug.
[Dit het gepaard gegaan tussen-in met ure se wegkruipertjie speel in die lou-oond, ek en my stoffer, saam met OuNanna (Leijah).]
Dit is liefde en gaafgeid wat 'agterbly', nie ons bekwaamgeid of prestasies.
Nie so seker of ek dié een wil laat gaan... maar was verseker 'n ekstra lekkerte om te skiller.
#LandéSkiller #DieSkillery](https://scontent-iad3-1.cdninstagram.com/v/t51.71878-15/612143935_2764153250612913_5415040905666524684_n.jpg?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=110&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiQ0xJUFMuYmVzdF9pbWFnZV91cmxnZW4uQzMifQ%3D%3D&_nc_ohc=8LrZNtJeTdEQ7kNvwE2RS-A&_nc_oc=AdlvWFfloqI085GINp8AuQuO9O-TqMleDIvejR4Ye-kfJfgdwXuw0Q6OqSir4Y3YCa8&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-1.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_AfriTleJZGM8pFVvc8QqfRAv5v2gy4IqvcoR-6D9EncgfQ&oe=697DF6B3)
![Wysheid begin daar waar daar ONTSAG vir die Here is.
Hy wat die heilige God ken, het werklik insig.
Spreuke 9:10
In the [reverent] fear of the Lord there is strong confidence,
And His children will [always] have a place of refuge.
THE [reverent] FEAR OF THE LORD [that leads to obedience and worship] IS A FOUNTAIN OF LIFE,
So that one may avoid the snares of death.
Proverbs 14:26-27
HÝ is GOD.
Ek en jy níé.
HÝ is ons Behoud.
Mooiloop vandag.
Met ontsag.](https://scontent-iad3-2.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/587789981_18016608878800393_7842213534668824689_n.webp?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=105&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiRkVFRC5iZXN0X2ltYWdlX3VybGdlbi5DMyJ9&_nc_ohc=_ZriNjElVTYQ7kNvwH60APP&_nc_oc=Adk1yM8Ou87GhIqsfeG_hskSYKJR-N0sZFBFm3JmVPCGwhATbmeGM15-Kcfk7Zsi3fE&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-2.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_Afo_wyYhs4jPQy2CWvD6yp8KkoMSI8S2IGF46e7THKT6IQ&oe=697E14E0)
![@dieskillery
¤ BESKIKBAAR ¤
Ek lief die spreek-/streektaal woord 'MÊTJIES', maar ek gaan dié een roep -
AANSTEEKLIK
700 x 950 x 45mm katoen geblikte canvas
Medium: Olie
BESKIKBAAR
P.O.A
Mag ons mekaar help aansteek om weer vlam te vat as ons glo louwarm raak.
Ek dink steeds aan jou opregte geloof,
daardie geloof wat eers in jou ouma Loïs, en in jou moeder Eunice was –
en ek is oortuig dat dit ook in jou is.
Om hierdie rede herinner ek jou om die genadegawe van God, wat in jou is, deurdat ek jou die hande opgelê het, opnuut aan te vuur. [Fan into flame lees die engels]
God het ons tog nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
Moet jou dus nie skaam vir die getuienis van ons Here nie, ...
2 Timoteus 1:5-8
Ons wêreld, ek en jy, ons nodig Sy Lig.
#LandeSkiller #DieSKILLERY](https://scontent-iad3-1.cdninstagram.com/v/t51.71878-15/611203479_3154220628119113_1821395303204909640_n.jpg?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=102&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiQ0xJUFMuYmVzdF9pbWFnZV91cmxnZW4uQzMifQ%3D%3D&_nc_ohc=SB-ALtVg8OUQ7kNvwETC9MV&_nc_oc=AdkV9EmK79amisSHt_8z5K24S7jIoLwO5IEp-JzDLoG6EQs2DPCnTiX10pha2XooXfo&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-1.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_AfqgQIBdmV_Cwgc7kOx7wns1oV8XzO4O928Smb4ehbIkng&oe=697E14B3)


![Soos op sóveel plekke in ons mooiste Wes-Kaap en elders die afgelope weke, selfs gister hiér in ons eie dorp se berge, knip die vlamme in die Wemmershoek-area dié span se 2026 kamp vandag kort.
Dankie aan so baie wat hul hande, bronne en tyd verleen (oral oor) om te help keer en te blus - ons vertrou dat dit óók daar in die Boland-omgewing spoedig sal bedaar!
Die span het vlieënde vaandels gister afgeskop op hul jaarlikse Shofar Jeugkamp en nou oppad huistoe.
Die harte is maar swaar ☺️ [dit is een laaang uitsien na die weersiens en groot lekkerte daar met amper 500 kinders wat saam God worship en leer en groei].
Dankbaar ammal is veilig.
en NotaBene - jy's 'n legend oom Dave! Dankie!](https://scontent-iad3-2.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/612459075_18016454231800393_2736632480148936192_n.webp?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=100&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiRkVFRC5iZXN0X2ltYWdlX3VybGdlbi5DMyJ9&_nc_ohc=36_yp4XCOTgQ7kNvwHssw_n&_nc_oc=AdmnE9dDCbUP_sqTU4FN2FAsylRsOW-eRzRkS6-x-v2pw_79HdzCEt5N9M57Xmc8Zks&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-2.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_AfqoV-wfi0wXU2LodykotIIGbNVPYczCDbCMb2qxX3P4Aw&oe=697E1FD4)
![Sóós dit geld vir óns grootmense -
...and you have forgotten the divine word of encouragement which is addressed to you as sons,
“My son, do not make light of the discipline of the Lord,
And do not lose heart and give up when you are corrected by Him;
For THE LORD DISCIPLINES AND CORRECTS THOSE WHOM HE LOVES,
And He punishes every son whom He receives and welcomes [to His heart].”
You must submit to [correction for the purpose of] discipline;
God is dealing with you as with sons; for what son is there whom his father does not discipline?
Now if you are exempt from correction and without discipline, in which all [of God’s children] share, then you are illegitimate children and not sons [at all].
Moreover, we have had earthly fathers who disciplined us, and we submitted and respected them [for training us];
shall we not much more willingly submit to the Father of spirits, and live [by learning from His discipline]?
For our earthly fathers disciplined us for only a short time as seemed best to them;
but HE DISCIPLINES US FOR OUR GOOD, SO THAT WE MAY SHARE HIS HOLINESS.
For the time being no discipline brings joy, but seems sad and painful;
YET to those who have been trained by it, afterwards IT YIELDS THE PEACEFUL FRUIT OF RIGHTEOUSNESS
[right standing with God and a lifestyle and attitude that seeks conformity to God’s will and purpose].
Hebrews 12:5-11 AMP](https://scontent-iad3-2.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/610138226_18016414658800393_2260354842317073240_n.webp?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=106&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiRkVFRC5iZXN0X2ltYWdlX3VybGdlbi5DMyJ9&_nc_ohc=FeR5gxWOKPwQ7kNvwHoIpql&_nc_oc=AdleewbkW8Pb10vGDcHNg3yWPKpRfkAeg5r5XYyjgM8A6oVzcBZiiCI3_4Dc473IQMs&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-2.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_AfporqDBDAxo9g3ExnxTvW2VTJ0Yz8b5EDeq_xmiuJ61iA&oe=697E025B)
![Blom se kuier by julle is om,
dankie vir al die liefde wat altyd so geil saam met jul huis en die mooi van waar julle woon kom.
Ek sê altyd, vir wat dit ookal mag werd wees om te weet -
ek sal nie te hard huil óf te ernstig na die pad soek as iemand my hier in Tesselaarsdal [Prins Albert | Nieu-Bethesda | Italië] sou vergeet!
Liefde vir julle x
🤭
@a_small_jar_of_oil](https://scontent-iad3-2.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/610572749_18016318307800393_6164174048645009652_n.webp?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=103&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiQ0FST1VTRUxfSVRFTS5iZXN0X2ltYWdlX3VybGdlbi5DMyJ9&_nc_ohc=icMh2QfewwsQ7kNvwGTbxyv&_nc_oc=AdkDgfU83srCfYvQUpVkLbtRSY32DgrBI6G2RGKc_nne2P9A9yzq2Cko2qPD0ytmYf0&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-2.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_AfpNyr-La0A6arzxOM3lMrNMa7YyYFybRXWiqLzjrPdkRw&oe=697E0640)



![Gun die son se skyn oor die huis van 'n ander,
Die Een wat dit gemaak het, sprei sy strale oor ieder en elk, goddeloos én in die kerk. [Mat 5:45]
Dit is mý en joú hart en hand se doen wat skort 'n verander,
God is Goedheid - Genadig Groot & Onbeperk.
Ons laat Sy Lig in én deur ons die lewe Ligter maak, vir onsself én vir 'n ander.
Mooiloop [met jou hart en jou hand oop] vandag.](https://scontent-iad3-1.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/610617589_18016105136800393_7905511411574359339_n.webp?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=104&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiRkVFRC5iZXN0X2ltYWdlX3VybGdlbi5DMyJ9&_nc_ohc=KfUrHbsnAMAQ7kNvwH_7oMP&_nc_oc=Adl0PkdgUGeWx0OyZWdJnRBq2JbNr1IANk-qGuybHJxHTrHNKJC0swoegUORctjg8Jo&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-1.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_Afrd_7MIttw8gNqTCLx1jNFnwkSM-qmG-6WB0Wne5PMROA&oe=697E1C01)


![Dankbaargeid vir wat is.
• JAN - die nuwe Felmish Giant sk(r)op nes by ons gesin.
• BLOM het agtergebly in Tesselaarsdal voor SummerCamp (saam met Nina) afskop later die week. Sy boer voort saam met die Nelle. [Hier word hard en aanhoudend gebid vir ons eie plaas-plot! 😁]
• Ek en BETTA sit dinge reg vir die skooljaar, vletter in die tuin, plant ons groente, verf meubels en maak huis diepskoon vir die 2026.
• JORRA is aante pars by die kelder - ons 4 deel ons dae so saam-uit-mekaar via die fone se kameras.
Voorregte om die dae te hê wat jou hart en hande volsit.](https://scontent-iad3-1.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/610608334_18016019270800393_3838458113364544936_n.webp?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=110&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiQ0FST1VTRUxfSVRFTS5iZXN0X2ltYWdlX3VybGdlbi5DMyJ9&_nc_ohc=OqLg7WZoQCwQ7kNvwHKd6bT&_nc_oc=AdmX9dRMenCJ9aQviWoi_ZXjmuB715zfhA7P3LNtgPFrB_mObDbT8QmjlGEakZ1ORFw&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-1.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_Afpmgl6KIFpUsm2kSwEMiJBbSjwOkEgWgo6u-lYV5XYqMA&oe=697E1389)
![Spreuke se manier om 'n klomp waarheid so ongerangskik neer te sit, kan mens soms laat 'bo-oor' lees - vir mý, méér dikwels, júís die ewekansigheid daarvan wat my dit laat raaklees en oordink.
Hierdie een vra in alle erns 'n eerlike kyk na ons elkeen se EERLIKGEID [met REGVERDIGHEID taamlik styf aan dit vasgeknoop].
Eerlikheid voel stram wanneer die skaal se regte gewig nie in my 'guns' gaan weeg en die gevolge my gaan 'kos' - dit geld van jou beWOORDing tot jou belasting.
Regverdigheid is dringend(er) wanneer die waarheid van sy bepaling se gewig jou moet vergoed of kompenseer.
Maar dit dra beide wedersyds ongesiens en in die 'oopte' áltyd groot gewig vir God.
Die opregtheid van eerlike mense wys vir hulle die koers. - lees vers 3
Mag my en jou skale se maatstawwe WAARHEID weeg.
In woord & daad.
Die Waarheid Homself, Jesus, maak ons vry! [Joh. 8:32]](https://scontent-iad3-1.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/610850462_18016004447800393_4918175036644141507_n.webp?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=110&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiRkVFRC5iZXN0X2ltYWdlX3VybGdlbi5DMyJ9&_nc_ohc=VKdU2wAFmlkQ7kNvwFSUGof&_nc_oc=AdnKmUZ6PGgRjUqx6YoRlEJTtrDHFtTwtjdyABde9XRIu1GfR6iEciTa8gLokrWS-M8&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-1.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_Afp_68BTnG-jfmC7PkXHCo2RFauFTXKjvsQtNj5iJWu1tA&oe=697E1B27)
![Ons skort NEDERIGEID vir hierdie.
Leerbaarheid haak nie aan 'n ouderdom.
Dit diens die hart wat méér gewig hang aan God se Wil en Woord as sy eie belang en verstaan.
Kom ons bly kinnerhartig hieroor in ons wêreld waar die lyne tussen reg en verkeerd al voos-skeef getrap is deur trots se eieregtigeid en gebrokenheid se aanspraak.
Nederigheid bring wysheid. - maan Spreuke 11:2 (gedeeltelik)
Laat ons God Homself [Heb 12:10; Spr 3:11-12], SÝ Woord [2 Tim 3:16-17], mekaar [Gal 6:1; Spr 27:6] toelaat om ons reg te help, sodat ons trots in ons sak en ons voete op die pad na die lewe mag bly.
Mooiloop vandag.](https://scontent-iad3-1.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/609937466_18015909452800393_3832971097109103590_n.webp?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=107&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiRkVFRC5iZXN0X2ltYWdlX3VybGdlbi5DMyJ9&_nc_ohc=Gdbq0J3O-T0Q7kNvwHHNlaJ&_nc_oc=Adl9j7zlKZRhO20aEMXr-0MsIe4CnQOcCM-wwEhi0RJPGjP2gfRAMPVw6NiURsPzdyM&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-1.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_Afo2mN0WJOClcQrBArVR72KcPeNOj7cpha7iJY7mWbb9Lw&oe=697E0F20)


![He has made everything beautiful and appropriate in its time.
He has also planted eternity [a sense of divine purpose] in the human heart [a mysterious longing which nothing under the sun can satisfy, except God]—
yet man cannot find out (comprehend, grasp) what God has done (His overall plan) from the beginning to the end.
I know that there is nothing better for them than to rejoice and to do good as long as they live;
and also that every man should eat and drink and see and enjoy the good of his labor—
it is the gift of God.
I know that whatever God does,
it endures forever;
nothing can be added to it nor can anything be taken from it,
for God does it so that men will fear and worship Him [with awe-filled reverence, knowing that He is God].
[Ps 19:9; James 1:17]
Ecclesiastes 3:11-14 AMP](https://scontent-iad3-2.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/609716303_18015750761800393_4105624971700037957_n.webp?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=111&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiRkVFRC5iZXN0X2ltYWdlX3VybGdlbi5DMyJ9&_nc_ohc=ep1RXcQrYC0Q7kNvwEeh2YE&_nc_oc=AdnsNhyAx2yH0xhMOW6BgFmKGErN0N3GFHLYR2Gk8ANASl3imA7NTf6-i9Yik6ciDTo&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent-iad3-2.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=6FvUNHphk_yfuf4WcqDFmQ&oh=00_AfrlBfkqYBvM4rAL5qbzzZLmf_YmfAcVvVUDlOX0uv2x3Q&oe=697E1AA9)

